Check out my website http://00onlinemoneynow00.blogspot.com/ (no scams, and South African user friendly)
30 November 2009
Oubaas het vasgeval by Alyce op pad na stoorkamer, op hete kole.
Alyce
Ons gaan definitief die plek vat.
Oubaas
Dis gaaf. Tot wederom Elsie.
Oubaas mik weg, Alyce keer.
Alyce
Oom sal nie vergeet om met Gita te praat oor die bad wat so gevlek is nie. Sy sal dit moet vervang voor ons intrek. Ek soek nie agterna ‘n gekap en ‘n gemors nie.
Oubaas wil wegmik.
Alyce
Eerste prys sal natuurlik ‘n borrelbad wees.  Kyk of Oom nie haar arm kan draai nie.
Oubaas
Ja ja. Toe. Gaan nou.
Oubaas beduie sy moet skoert. Alyce gegooi.
Oubaas
(paai vinnig)
Ons praat later weer.
Alyce exit. Oubaas verlig, wil by stoorkamer inglip as Hilda by trap afkom.
Hilda
Septimus van Zyl, hou jy my vir die gek.
Oubaas ruk soos hy skrik.
Oubaas
(onskuldig)
Glad nie my ranonkel.
Hilda
Wat gaan soek jy in die stoorkamer.
Oubaas
(busk)
Ek wou gou ‘n ogie gooi. Smaak my hier’s ‘n blokkasie of ‘n ding.
Hilda
In mevrou Duvenage se pype.
Oubaas
Net so my bitterbessie.
Hilda
En van wanneer af sit mevrou Duvenage se pype in die stoorkamer.
Clara verby vanaf boetiek.  Oubaas gryp na strooihalms.
Oubaas
(stamel)
Het ek gesê mevrou Duvenage. Ek het bedoel die boetiek se pype. Dit rammel en raas so…
Clara
(verward)
Boetiek se pype niks raas. Oom Oubaas verniet bekommer.
Hilda
Daar het jy dit.
Oubaas
(benoud)
Iewers is iets lelik misplaas my lelie. Ek het as’t ware die kat aan sy kloutjie beet maar...
Hilda
Oubaas, waarmee is jy besig. Jy moet reguit praat as jy weet wat goed is vir jou.
Oubaas
(prewel)
Die ouderlingsvergadering. Dominee het gesê ons moet vroeg begin.
Oubaas skarrel vervaard uit met toolbox. Hilda hiper-agterdogtig. Clara deur na Oppiekoffie.
24 November 2009
Mandla en Aggie maak aanstaltes. Matrone trippel rond.
Aggie
Onthou nou, Derek gaan môre agtuur by die kantoor wees.
Matrone
(hou stoorkamer dop)
As julle van die koek wat oorbly wil koop om huis toe te vat – dis halfprys.
Mandla
Nee dankie Matrone. Ek wil vir ʼn maand nie weer koek sien nie.
Aggie
Selle hier. Baai Matrone.
Mandla en Aggie uit. Matrone ruim verwoed op. Ryno in van stoorkamer.
Ryno
(stroef)
Wanneer het die plek in ʼn koffiewinkel verander Matrone.
Matrone
(verskonend)
Ek hoop nie jy’s kwaad vir my nie, ek wou jou eers vra, maar jy moet erken, dit het hope mense boekwinkel toe gelok.
Ryno
En hoeveel van hulle het iets behalwe koek en tert gekoop.
Matrone
Ek het ʼn paar tydskrifte verkoop...
Ryno nie beïndruk nie.
Matron
(kleinhondjie)
Ek moes ʼn manier kry om ekstra geld te maak Ryno. Ek trek op die oomblik ʼn bietjie noustrop en die mense het dit so geniet...
Ryno
Ek kon nog altyd op Matrone staatmaak om dinge hier aan die gang te hou as ek weg is, maar toe ek vandag hier instap was dit ʼn sirkus.
Matrone
Ek’s jammer.
Ryno
Ek wil nie weer ʼn teepartytjie hier in die boekwinkel hê nie. Is dit duidelik.
Matrone knik bedremmeld.
Ryno uit. Matrone in sak en as. Foon lui. Sy gaan antwoord.
Matrone
Hillside boekwinkel.
23 November 2009
Neville in met pos, kyk daardeur, maak kwotasie oop. Vince in, toef hom op pad na Oppie.
Vince
(lig)
En daai vraagtekens op Pa se voorkop...
Neville
Ek probeer die man se handskrif ontsyfer. Dalk kan jy dit uitmaak.
Neville gee brief. Vince bekyk brief.
Neville
Het jy tyd. Sal ons ‘n koffietjie drink.
Vince
Ek en Charmaine moet vanaand se paartie reëlings bespreek.
Neville
Ek het gehoor van die oorwinningsfees.
Vince
(gee terug)
Dit lyk na ‘sun panels’ maar ek gaan nie my kop op ‘n blok sit nie.
Neville
(besef)
Dis ons eerste kwotasie vir die bouery.
Vince
(terg)
As hy so krom en skeef bou as wat hy skryf – hou verby.
neville het nog ‘n kwotasie oopgemaak.
Neville
(frons, vergelyk die twee)
Nee, nou verstaan ek nie. Hoe kan twee kwotasies vir dieselfde werk so hemelsbreed verskil.
Vince vat, vergelyk.
Vince
Seker omdat dié een twee geysers insluit. Daai een…
(lig)
Lyk my hy wil hê julle moet vuurmaak in ‘n konka. Maar hy’s ten minste bereid om die badkamers te teël.
Neville
(verward)
Sluit die ander kwotasie nie ook teëls in nie.
Vince
Dit sê nie so nie.
Vince gee kwotasies terug.
Neville
(gefrustreerd)
Dis so ‘n deurmekaarspul. Hoe verwag hulle moet ‘n mens kop of stert uitmaak.
Vince
Laat Charmaine daarna kyk. Two ticks en sy’t dit uitgewerk.
Neville
(teensinnig)
Ek’s nie onnosel nie. Ek sal dit self hanteer.
Vince
Dit gaan Pa ‘n klomp moeite spaar.
Neville
Hoe moeilik kan dit nou wees om ‘n paar sommetjies te maak.
Neville se eer gekrenk. Vince rol oë.

My apologies for no draaiboek from the 9th to the 20th of November 2009. The draaiboek on the 7de laan site had not been updated.

6 November 2009
Gita in trane. Zinzi probeer troos.
Gita
Dat Charmaine, van alle mense, so iets vir my kan sê.
Zinzi
Ek’s seker sy’t dit nie bedoel nie. Sy’s onseker en bang oor wat met hulle gaan gebeur en...
Gita
Maar om my daarvan te beskuldig dat ek blatant vir almal gejok het.
Zinzi
Dis 'n bietjie rof.
Gita
(troosteloos)
Almal dink ek het nie ‘n gewete nie en dat ek net na my eie belange omsien... Maar dis nie die waarheid nie. Ek is nie so nie.
Zinzi
Natuurlik nie.
Gita
(broos)
Ek het nooit kon droom dat dit moontlik is vir mense om my meer te wantrou en te haat as wat hulle reeds doen nie. Maar dis presies wat gebeur het.
Zinzi
(probeer troos)
Daar is mense wat ontsteld is oor jou planne vir die Heights, sure. Maar hulle haat jou nie.
Gita
Ek’s nie so seker daarvan nie.
Trane wel weer op.
Zinzi
(radeloos)
Kan ek vir jou iets kry om te drink. Sap, koffie...
Gita skud haar kop. Baba roer, sy glimlag deur haar trane, voel.
Gita
Ten minste het ek nog my baba. Iemand wat my onvoorwaardelik lief sal hê.
Gita troebel. Zinzi ongemaklik.

5 November 2009
Meisies opgewonde oor cocktail.
Vanessa
Ek gaan prawns de-vein tot ek bly lê. Vince het tien kilo’s bestel.
Alyce
My favourite. Wat’s nog op die menu.
Vanessa
Oesters. Salm. Franse sjampanje.
Aggie
Awesome.
Vanessa
Paula gaan omtrent voluit.
Aggie
Felicity het die ongelooflikste rok vir haar gemaak.
San-Mari, met inkopiesak, sluit aan.
Alyce
(verander onderwerp)
Hi girlfriend. Hoekom is jy so vroeg uit vanoggend.
San-Mari
Ek het ‘n sewe-uur klas gehad.
Alyce
(lag)
Ek het amper op Clara gaan sit. Sy’t uitgepass gelê op die bank onder die kussings.
San-Mari
(lag)
Sy’t bietjie te geesdriftig gekuier gisteraand.
Sien julle.
San-Mari beweeg weg.
Aggie
Ek voel terrible. Ons gaan almal na die event van die jaar en San-Mari is nie genooi nie.
Alyce
Dit was onnodig spiteful van Paula. Al het San-Mari haar uit die woonstel geskop.
Vanessa
Arme San-Mari. Nou moet sy soos Aspoestertjie by die huis sit.
Sny na: San-Mari skakel op selfoon.
San-mari 
(oor selfoon, opgewonde)
Hallo André-Jacques, dis San-Mari... Ja. ek het die skoene gekry… Beeldskoon. Sal perfek saam met die rok gaan... Oorbelle ook. Is dit nie overkill nie… As jy so sê...
San-Mari glinster, beplan knock-out outfit om te gate crash. 

4 November 2009
Xander en Vanessa eet ontbyt.
Vanessa
Dit kom daarvan as ek nie na jou luister nie. Een van die dae sit ons sonder ʼn dak oor ons koppe. Ons moes jou erfgeld gebruik het vir ʼn deposito op ʼn huis.
Xander se foon lui.
Xander
Ons sal ʼn ander plek kry.
(antwoord)
Xander Meintjies... Ja... Dalk sal dit beter wees as iemand anders jou verteenwoordig. Daar’s 'n paar mense wat ek kan aanbeveel.
Vanessa neem kennis.
Xander
Goed, ek sal ʼn draai kom maak, dan praat ons... Sterkte.
Hy lui af
Vanessa
(verbaas)
Het jy nee gesê vir werk.
Xander
Dit was Dawid Greeff
Vanessa
Dan’s ek bly. Hy kan iemand anders kry
Xander
Hy wil nie iemand anders hê nie.
Vanessa
(omgekrap)
Hoekom nie. Daar’s duisende prokureurs in Johannesburg.
Xander
Hy ken net vir my.
(maak aanstaltes)
Ek moet wikkel. Dis vanmiddag sy borgverhoor.
Vanessa
Hoekom wil jy jou reputasie waag vir iemand soos Dawid Greeff. Jy hou nie eers van die man nie.
Xander
Dit maak nie saak hoe ek oor hom voel nie, die wet sê hy’s onskuldig tot hy skuldig bevind is. En as hy onskuldig is, gaan ek dit bewys. Dis my werk. Hy’s geregtig op 'n regverdige verhoor, nes enigiemand anders.
Xander vasbeslote. Vanessa ongelukkig, maar tog trots op haar man.

3 November 2009
Hilda werskaf mistroostig. Opgeruimde Tim in
Tim
Middag Hilda. Ek het skoon vergeet van middagete en ek’s so honger soos ‘n leeu. Hoe lyk dit – wat kan jy aanbeveel.
Hilda
(beteuterd)
‘n Hoender mayonnaise toebroodjie maak lekker vol.
Tim
(effe gegooi)
Nou maar goed. Dit klink lekker, dankie.
Hilda begin mistroostig werk.
Tim
(ondersoekend)
Gaan jy nie eers ‘n knypie mosterd of rooipeper bysit vir skop nie.
Hilda
Ek kan as jy wil. Maar Vince se mengsel is goed nes dit is.
Tim
(pols)
Ek’t nie gedink ek sal ooit die dag sien wat jy nie lus is om ‘n nuwe kombinasie uit te probeer nie. Hoekom lyk jy so vaal om die kiewe.
Hilda
(pak ontsteld af)
Want Musina is my voorland dingetjie, dis hoekom. Oubaas gaan saans sy lyf opsigter hou in ‘n fabriek terwyl ek sokkies brei om ons aan die lewe te hou.
Tim
(uit veld geslaan)
Waarvan praat jy
Hilda
Gita moenie dink ek gaan val vir haar storie van ‘n stewige pakket nie. Ek’s buitendien nog nie reg om in Hartenbos te gaan aftree nie.
Tim
(verward)
Ek dog jy praat van Musina.
Hilda
(in ‘n toes)
Musina, Hartenbos... Wat maak dit tog saak. Ons is nie deftig genoeg vir haar nuwe gebou nie. Dis waaroor dit gaan.
Tim
(probeer sinmaak)
Wat presies het Gita gesê.
Hilda
Sy gaan oom Oubaas in die pad steek. Daar’s nie meer plek vir hom in die Heights nie want alles gaan met rekenaars gedoen word. En die feit dat ek al vir jare daar woon tel vir niks.
Tim neem grimmig kennis.
Hilda
Al ons vriende is hier. Ons kerk, Dominee en die gemeente... Nou moet ons stoksiel-alleen êrens aansukkel oor Gita McGregor ‘n bevlieging het oor die Heights. Wat gaan van ons word. Ek vra jou: wat.
Hilda apoplekties. Tim ontsteld, maar hou pose.

2 November 2009
1.5       Emma Woonstel                                                             Dag Binne          (17:00)
Emma in na werk, broei afgetrokke, kry wyn uit yskas, skink vir haar, rug na deur. Kamera swenk na deur – iemand stoot ‘n nota onder deur in met Emma se naam op. Emma onbewus, rusteloos, sluk wyn, probeer sin maak van alles, pace. Haar oog vang nota op vloer. Sy frons, tel dit op, wonder gegooi, exit vinnig.
1.6       Portaal 3                                                               Dag Binne           (17:00verv)
Emma in met nota, kyk gegooi rond in portaal.
Emma
Hallo...
Portaal stil. Emma oorbluf, gaan terug na woonstel.
1.7       Emma Woonstel                                                 Dag Binne           (17:00verv)
Emma in van buite, vou nota oop, lees dit, hap na lug, lees dit weer, verward.

23 October 2009

Tim lees koerant by tafeltjie. Felicity by rak. Oubaas, Vanessa en Hilda by toonbank.
Hilda
Ek hou nie van verandering nie dingetjie, dit gaan moeilik wees om van my getroue stofie afskeid te neem.
Vanessa
Dink aan die wonderlike disse wat jy op daai nuwe gasstoof van jou sal kan opdis.
Oubaas
Inderdaad. Jy sal na hartelus kan bak en brou my appelpitjie.
Vanessa
Ek kan nie wag vir die swembad nie. Kan julle dink hoeveel fun dit gaan wees.
Felicity
(wiel nader)
Waarvan praat julle.
Vanessa
Ons het die planne vir die Heights gesien en dit lyk ongelooflik.
Tim neem kennis.
Oubaas
Voorwaar uit die boonste gestoeltes. Alte spiekeries. Daar’s ʼn spuitfontein op elke vloer en ʼn groot een onder in die ingangsportaal.
Felicity
O. Maar wat...
Oubaas
(besef skielik)
Daai fonteine sal my werklading aansienlik laat toeneem met die instandhouding en die voer van die visse. Ek sal met Rita moet negosieer oor ʼn salarisverhoging.
Felicity
Wat beplan sy vir Eclectic E.
Hilda
Die boetiek. Ek’t nie eintlik gekyk nie.
Vanessa
Sorrie, ek ook nie. Ek’t vasgehaak by ons woonstel. Jy moet sien hoe dit gaan lyk.
Felicity
(angstig)
Oom het darem seker gekyk wat sy met Oppiekoffie en die boetiek gaan doen.
Oubaas
Nee, jammer Felisitasie. Ek’t my so blind gestaar teen die fonteine en die nuwe kombuise dat die ander dinge my totaal ontglip het.
Felicity onrustig
Tim
(neutraal)
Beplan sy om die kombuise heeltemal oor te doen.
Vanessa
(beaam)
Die badkamers ook.
Tim
Is dit dalk moontlik dat ek die planne te siene kan kry.
Oubaas
Ek’s bevrees Brander moes dit aan sy kantoor terugbesorg.
Vanessa
Oom moenie vir iemand sê Xander het die planne geleen nie. Hy kan in die moeilikheid kom.
(vir Tim)
Asseblief, moenie dat Gita hiervan hoor nie.
Oubaas
Jy bekommer jou verniet dogter. Timoteus is aan ons kant. Hy’s die toonbeeld van diskresie.
Tim enigmaties, wonder stilweg.


22 October 2009
Lukas in van Oppie, toef omgekrapte Pieter.
Pieter
Ek soek oral na jou.
Lukas
Dis my lunch break...
Pieter
(gestote)
Kan jy in my plek werk vanaand. Ek gaan dit nie maak nie.
Lukas huiwer.
Pieter
Asseblief man. Dis happy hour. Jy kan lekker tips maak.
annelie in van oppie, huiwer.
Lukas
Okei.
Pieter
Thanks. Ek skuld jou.
Lukas gaan. Pieter wil gaan.
Annelie
Pieter wag.
Pieter
(krapperig)
Wat’s dit. Jy’t klaar vir my gesê hoe jy voel.
Annelie
(druk deur)
Ek hét seker oorreageer, maar ek kan nie verstaan hoekom jy so liggeraak is nie. Ja, die ouens het jou siel uitgetrek, maar hulle bedoel dit nie sleg nie. Almal is baie impressed met jou wat so goed vaar in die kompetisie. Ek ook.
Pieter
(terughoudend, stil)
Dankie.
Annelie
Ek probeer jou ondersteun, maar hoe kan ek as jy my nie toelaat nie.
Pieter stil.
annelie
Het jy niks om te sê nie.
Pieter
(oorstuur)
Sorrie... Dis maar hoe ek is. My lewe is... Alles is een groot gemors.
Annelie
Hoekom sê jy so.
Pieter
Dis beter dat jy my los. Vergeet van my. Of dat daar ooit iets tussen ons was.
Pieter vinnig uit. Annelie verpletter.

21 October 2009
PI sit by tafel, neus in koerant. afgetrokke Paula gaan deur papierwerk terwyl Sanet babbel.
Sanet
Ek is mal oor die rakke wat jy wil insit. Dit gaan stunning lyk.
Paula knik afwesig, tob.
Sanet
Wanneer gaan hulle klaar wees. Wanneer kan ons die voorraad begin uitpak.
Paula
Ek’s nie seker nie.
Sanet
Ek kan nie wag nie. Het jy al besluit of ons ‘n treatment room ook gaan hê.
Paula
(konsentreer met moeite)
Nee, nog nie.
(wys krapperig na iets op dokument)
Hoekom is die huur so hoog.
Sanet
(effe gegooi)
Dis waarop ons toe ooreengekom het.
Paula
Van wanneer af.
Sanet
Die agent het mos ‘n ander huurder gekry wat  meer wou betaal. Ons moes instem om dieselfde te betaal as ons die winkel wou hou.
Paula
O ja, natuurlik. Kry vir my ‘n slaai en iets om te drink. Ek gaan op woonstel toe. Ek kan nie hier konsentreer nie.
Paula op met trap. Sanet gegooi.
Errol in vanaf Oppie, waai vir Felicity wat ingewiel kom. Errol exit na buite. Felicity op pad na boetiek. As sy verby PI kom laat val sy haar filofax. PI tel dit vir haar op.
Felicity
Dankie.
PI knik. Felicity wiel voort na boetiek. Anne in van buite, maak nie oogkontak met PI nie, op met trap na Dawid woonstel. PI wag ‘n oomblik, vou koerant op en volg haar.

20 October 2009
Emma by toonbank besig. Verstyf as Zinzi inkom.
Emma
(professioneel)
Kan ek help.
Zinzi
Sorrie oor gister. Ek’t nie bedoel om agter jou rug te skinder nie. Ek’t vir Annelie en San-Mari vertel wat ek gesien het, dis al.
Emma
(stroef)
En die verkeerde afleidings gemaak.
Zinzi
Ek gaan seker partymaal op hol met ‘n ding, maar ek doen dit nooit om iemand seer te maak nie.
Emma staan vas.
Zinzi
Emma, asseblief. Ek’s genuine jammer.
Emma
Dis okei, Zinzi.
Zinzi verlig.
Emma
(erken)
Ek’t ook oorreageer. En ek’s jammer dat ek jou so uitgeskel het. Dit was lelik van my.
Zinzi
Ek’t dit verdien.
Emma
(lig)
Kom nou. Niemand verdien só 'n tirade nie.
Zinzi verlig. Emma wil aangaan met werk.
Zinzi
(vis versigtig)
So, is alles okei tussen jou en Dawid.
Emma
(glimlag)
Ja, daar’s geen probleme nie.
Zinzi
(nuuskierig)
Maar wat het die girl dan daai tyd van die aand by hom gemaak.
Emma
Dis een van Dawid se kliënte. Haar naam is Anne en hy skilder haar portret. Sy wil dit vir haar man gee op hulle huweliksherdenking.
Zinzi
(verleë)
Sjoe, nou voel ek eers simpel. Ek gaan nooit weer stories aandra nie. Belowe. Ek het my les geleer.
Emma glimlag. Vrede herstel.


19 October 2009
Mandla werk volstoom aan berig. Tim in van kantoor met dokument.
Tim
Hier’s die berig oor Senbank wat ek vir jou moes nagaan. Daar’s een of twee veranderinge.
Mandla
Dankie, Meneer. Ek maak gou hier klaar, dan sal ek dit finalise.
Tim nader, kyk oor Mandla se skouer.
Tim
(lees)
Withering Heights No More
(besef)
Het jy toe by Gita uitgekom.
Mandla
Ek het, ja. Meneer kan hierna kyk as Meneer wil. Ek’t ‘n copy geprint.
Mandla kry dokument uit drukker.
Tim
(lees)
In a special interview with the Hillside Times, miss McGregor stated clearly that she has no dramatic changes in mind for the Hillside Heights. Tenants can expect much needed upgrades and minor maintenance work...
(lees vlugtig verder, effe verward)
Dis nie veel van ‘n storie nie. Alles is taamlik saaklik en neutraal.
Mandla
(trek skouers op)
Sy staan vas, Meneer. Sy’t nie major planne nie. Ons moet dit maar op bladsy vier plaas.
Tim
(oorweeg)
Dit lyk of sy tog die inwoners se belange op die hart dra.
Mandla
Sy sê sy woon self in die Heights, dis haar huis. Sy’t nie rede om mense te upset nie.
Tim
So almal is op loop oor niks.
Mandla
Exactly. 
Tim bly om dit te hoor, verlig.

16 October 2009
Hilda maak dis, gaap, werk verder. Tim in, groet.
Tim
Interessant hoeveel besighede vandag oop is.
Hilda
Dis hoe Vince dit verkies. Baie mense is nie lus om op nuwejaarsdag kos te maak nie. Veral die jonges. Maar ons sluit darem bietjie vroeër as gewoonlik.
Tim
In daai geval wil jy en oom Oubaas nie oorkom vir ‘n braai nie.
Hilda
Dankie dingetjie, dit sal heerlik wees. Wat kan ek saambring.
Tim
Niks nie, rêrig. Dit gaan nie fênsie wees nie: wors, skaaptjops, en Evelina maak die slaai.
Hilda
Klink vir my perfek.
Tim
Kom so vier-uur, half-vyf se kant.
Vanessa in van kombuis, groet.
Hilda
Ons sal daar wees. Ek het nog ‘n paar dadelvingers in die yskas. Ek bring dit saam vir poeding.
(sy gaap)
‘Skuustog. Ek twyfel of dit ‘n laat aand gaan wees. Ek en Oubaas is albei nogal gedaan. Die bouers was vanoggend douvoordag aan die gang.
Tim
Hoe so.
Vanessa
Gita McGregor het hulle gestuur. Sy sê sy wil die Heights opknap voor die einde van die finansiële jaar, maar ek’s seker daar steek meer in die storie.
Hilda
Ek stem saam met haar, gesiggie. Dis nou wel ongerieflik, maar die gebou kort al lankal ‘n tikkie aandag. Oubaas kon nie meer voorbly met al die klagtes oor die pype nie. En dan praat ek nie eers van die gaslek wat die meisies gehad het nie. Dit was amper ‘n groot tragedie...
Tim
(neutraal)
Wat gaan Gita alles laat doen.
Vanessa
Vra eerder wat sy nie gaan doen nie. Pype, teëls, plafonne, fittings... Sy gaan omtrent die hele plek laat oordoen.
Hilda
Ek is seker dit gaan baie mooi lyk.
Vanessa
Ek laat my nie vertel dis waaroor dit gaan nie. Daardie vrou doen niks sonder bymotiewe nie. Daar moet iets daarin wees vir haar.
(besef: Tim)
Jammer, maar ek vertrou nie die vrede nie.
Vanessa oorgehaal. Tim onrustig.

15 October 2009
Afgetrokke Emma met lêers, Kan nie konsentreer nie. Klop. Deur oop. Hand verskyn met wit vlag.
Dawid
(af)
Is dit veilig.
Emma lag ten spyte van haarself. Dawid loer om deur, kleinhondjie.
Dawid
Ek moes nie weggeloop het nie. Ek moes gebly het en die ding uitgepraat het.
(by haar, opreg)
Wat is dit wat jou rêrig omkrap. Is dit al die tyd wat die skildery my van jou af weghou, of is dit die feit dat Anne so ‘n mooi vrou is.
Emma
(vermy oogkontak)
Glad nie. Dis die Kersseisoen en ek voel afgeskeep.
Dawid
Ek kan dit heeltemal verstaan. Ek raak weggevoer as ek werk. Ek het nie ‘n benul van tyd nie. As ek weer sien... Dis hoe ek is. Ek’s ‘n kunstenaar, ek’s selfsugtig en onbedagsaam as dit by my kuns kom. Nie oor ek nie vir jou omgee nie. Jy beteken vir my alles.
(opreg)
Ek is lief vir jou Emma. Jy’t g’n rede om jaloers te wees nie.
Emma
(flou)
Ek’s nie jaloers nie.
Dawid
Jy hoef nie vir een oomblik bekommerd te wees nie. Ek sien ander vrouens nie eers raak nie. Die enigste een wat saakmaak is jy.
Emma
(dankbaar, gepaai)
Jammer dat ek so uitgehaak het. Dis oor ek simpel en onseker is. As ek jou moet verloor…
Dawid soen haar stil.
Emma
Ek belowe ek sal werk aan my issues.
Dawid
Dit maak twee van ons.
Romantiese versoening

14 October 2009

Tim maak klaar met ontbyt, besef Ryno het nog nie geëet nie, kyk op horlosie, wonder. Afgetrokke Ryno af met trap nes Tim aanstaltes maak.
Tim
Môre. Het jy verslaap.
Ryno
Amper. Wat’s vir ontbyt.
Tim
Evelina se niertjies. Soos altyd ‘n wenner.
Ryno begin langtand skep.
Tim
Ek het gisteraand laat stemme gehoor. Ek hoop nie daar’s probleme nie.
Ryno
(strak)
Nee.
Tim
(ondersoekend)
Wat gaan aan Ryno. Hoekom lyk jy so omgekrap.
Ryno
Ek’t sleg geslaap.
Tim
Het gisteraand iets daarmee te doen.
Ryno
(skerp)
Los dit, Oom. Ek sê mos dis niks.
Tim laat dit liewer daar.
Tim
Ek moet werk toe.
Ryno
(voel sleg, verskonend)
Ek’s jammer. Dis een van daai dae.
Tim
Als reg.
Tim wil gaan.
Ryno
Voor Oom loop... Daai mannetjie wat onlangs by die galery begin het. Pieter. Het Oom al met hom gesels, het julle al ontmoet.
Tim
Ek weet van wie jy praat, maar nee, ons het nie. Hoekom vra jy.
Ryno huiwer.
Tim
Was dit hy wat gisteraand hier was.
Ryno
(omseil)
Ek het sommer gewonder. Ek sien Oom later.
Ryno val weg met ontbyt. Tim wonder, exit dan. Ryno drop pose, broei donker.

13 October 2009
Neville en Errol steeds in pajamas, speel tv-speletjie, verdiep in tv-skerm. Geluid van tv-kar wat bots hoorbaar.
Neville
(opgewerk)
Ag nee. Waar’t daai ou vandaan gekom.
errol
(speel voort)
Daar gaan ek... Aha, ek’s verby Meneer.
Errol lag. Neville gefrustreerd, begin verder speel. Neville beweeg sy lyf saam met die kontrole soos hy speel.
Neville
Links, links, links...
Errol
(sit kontrole triomfantelik neer)
Dis te laat. Ek het gewen.
Neville
Hoe’t jy dit reggekry.
Errol
Wat kan ek sê: ek’s ‘n natural.
Neville
(halfhartig)
Ook maar goed. Ons moet begin met die garage.
Errol
(nie lus nie)
Dis al na lunch Meneer. En al wat ons gehad het is cereal. Hoekom bestel ons nie ‘n pizza nie, dan speel ons nog ‘n game terwyl ons wag.
Neville
Ons moet seker iets eet...
Errol
Ek bestel gou. Is ‘n Four Seasons okei.
Neville
Kry ‘n grote, ek’s honger.
Errol skarrel oor na foon. Neville begin nog ‘n game, oorgehaal.

12 October 2009

Emma en Dawid in gesprek.
Emma
Sy’t gesê hulle kry ons sewe-uur by Matisse.
Dawid
Kan ons nie ʼn verskoning uitdink nie. Ek’s nie lus vir ʼn stywe ete saam met mense wat ons skaars ken nie.
Emma
Hoe sal dit lyk as ek nou bel en kanselleer.
12 October 2009
Dawid
Sê vir haar ek wil werk. Sê vir haar...
Emma
Ek gaan nie vir haar jok nie Dawid.
Dawid
Sy’s ʼn kliënt. Ek stel nie belang om saam met haar en haar ryk man te kuier nie.
Emma
As julle saam kuier, sal jy ʼn beter idee kry van wie en wat sy is. En jy sal kan sien watter soort man hy is. Van watter soort skildery hy sal hou.
Dawid
(geamuseerd)
Enige ander briljante argumente.
Emma
Matisse se kos is fantasties.
Dawid
(lag)
Ek sien ek gaan nie wen nie.
Emma
Dankie.
Sy soen hom, wil gaan.
Dawid
Sê my eers. Wat het verander van vanoggend af. Hoekom is Anne skielik jou beste vriendin.
Emma
(lag)
Beste vriendin, asseblief. Ek’s nie deftig genoeg vir haar nie. Maar sy’t kom verskoning vra oor Kersdag en ek voel simpel oor ek so oorreageer het. Sy stel nie in jou belang nie. Sy’s angstig om met die skildery te begin, dis al.
Emma positief. Dawid verlig.

09 October 2009

Charmaine besig met mince pies. Errol by tafel, doenig met magic tricks.
Errol
(hou pak kaarte uit vir Neville)
Kies ’n kaart. Enigeen.
Neville kies.
Errol
Is dit ‘n King.
Neville wys, ander kaart.
Errol
Nie al weer nie. Wat doen ek verkeerd.
Neville glimlag vir Charmaine. klop, Oubaas in.
Oubaas
Dagsê julle. Geseënde Kersgety hoor.
Neville
Dankie Oom. Selfde vir Oom.
Oubaas
Dankbaar Melville. Die rede hoekom ek hier is – ek is opgekommandeer om versiersels vir...
(sien kersboom)
Mapstieks, wat ‘n voortreflike boom. Presies wat ons nodig het.
Neville
Waarvoor Oom.
Oubaas
Vir die oues van dae se Kersete. Dit sal ‘n ieder en elk in ‘n feestelike stemming kry.
Charmaine
Doodreg, Oom. Ons leen graag die boom. Neville...
Neville
Ek help Oom gou.
Neville begin kersboom afslaan. Oubaas spot mince pies. mond water.
Charmaine
Wil Oom enetjie hê.
Charmaine
Dis alte gaaf van jou, Charlemaine. My maag brul hoeka soos ‘n kalaharileeu. Ek het vandag skaars nat of droog oor my lippe gehad.
Oubaas vat, smul.
Errol
(roep)
Yes. Ek het dit.
Oubaas
(skrik)
Hiert jou...
Errol
Oom, kyk gou hier. Sien, hier’s ’n muntstuk.
Oubaas knik. Errol sit glasie bo-oor, tel op, munt weg.
Oubaas
Hygend hert.
Errol
Cool huh.
Oubaas
Nes Martino van ouds. Boetie, sal jy vandag toertjies by die ete kom lewer. Die mense gaan hulle ore nie glo nie.
Errol knik, straal. Oubaas op ‘n roll.


08 October 2009

Dawid skuif meubels, maak gereed vir Anne se eerste sessie, bekyk die hoek, ens.
(10” vir titels)
Emma in van buite met blompot/vaas met blomme.
Emma
Die blomme waarvoor jy gevra het.
Dawid
Perfek, dankie.
Dawid sit blomme neer waar Anne gaan pose.
Dawid
Sit gou hier. Ek wil sien hoe dit lyk.
Dawid stuur haar na posisie.
Emma
(gaan geamuseerd sit)
Hoe wat lyk.
Dawid
(oorweeg, skuif blomme)
Dis waar Anne gaan sit.
Emma
(gegooi)
Gaan sy híér vir jou pose.
Dawid
U-huh. Ons het besluit dis beter as om van ‘n foto af te werk. Skuif ‘n bietjie soontoe.
Emma skuif ongemaklik.
Dawid
Iets gaan verlore as jy bloot ‘n replika maak. As sy hier sit terwyl ek werk gee dit my kans om haar beter te leer ken. Meer diepte in die skildery te kry.
Emma staan op.
Emma
Hoe lank gaan julle besig wees. Dis Oukersdag.
Dawid
Ek sal sien hoe dit gaan.
Emma knik afgehaal.
Dawid
(tel dit op)
Sy kom eers vanmiddag. Ek stick jou vir brekfis. Ons kan Rosebank toe ry.
Emma knik effe broos. 
Dawid
Hei, jy gaan nie afgeskeep word oor ek besig is nie. Daar is een ding waaroor ek baie maller is as werk.
Dawid trek haar nader, soen haar teer. emma doen mee, tog effe onseker.

2 October 2009
Vanessa doenig. Pieter in, groet stug.
Vanessa
Haai, wanneer kry ons jou skildery. Van die ander deelnemers se goed is al hier.
Pieter
Ek’s nog nie klaar nie.
Vanessa
Maar is jy darem tevrede met wat jy al gedoen het.
Pieter
Dis okei.
Vanessa
(spot)
Okei is nie goed genoeg nie. Die kompetisie gaan rof wees.
Pieter
(op sy agterpote)
Probeer jy vir my sê ek gaan dit nie maak nie.
Vanessa
(onkant)
Natuurlik nie.
Pieter
Want as julle klaar besluit het ek gaan nie wen nie, los ek dit sommer nou.
Kabelo in met take-away.
Vanessa
(ongemaklik, diplomaties)
Die publiek besluit van wie hulle die meeste hou, nie ons nie. Ontspan. Ek wil weet hoe jy vorder, dis al.
Pieter
(terughoudend)
Ek sal betyds klaar wees.
Pieter mik na agter.
Vanessa
(roep agterna)
Isabelle sal netnou terug wees. Ek’s by die deli as jy my nodig het.
Pieter knik, uit.
Vanessa
(grimmig)
Daai outjie laat my hare orent staan. Maak nie saak hoe vriendelik ek is nie, dis soos tande trek om iets uit hom te kry.
Kabelo
Hy kort maniere, dis sy probleem.
Vanessa
Ek is die een wat gesê het dit sal beter raak, maar selfs ek begin nou wonder.
Vanessa nie beïndruk.

1 October 2009
Kombuis-area in konfyt chaos. Alyce spook steeds, kry glasbottel, sit dit onseker in pot kookwater, haal dit weer vinnig uit, brand haar.
Alyce
Eina.
(gefrustreerd)
Komaan girl, hoe moeilik kan dit nou wees.
Sy gaan oor na resepteboek, lees verward.
Alyce
En sê nou ek het nie ‘n ‘lid lifter wand’ nie...
(vies)
Niks maak sin nie.
Pot met aarbeie in borrel verwoed voort.
Alyce
(lees gegooi)
Ag flip, ek’t nie suurlemoensap bygesit nie. Ek hoop nie dis te laat nie...
Alyce haas oor na yskas vir suurlemoensap in bottel, soek verwoed.
Alyce
(angstig)
Waar is dit tog...
Sy kry dit nie. Terwyl sy soek borrel die jam oor op stoof. Alyce sien die gemors.
Alyce
Wag, whoa, koel af...
Alyce panies oor na stoof, brand amper haar hand.
Alyce
Damnit.
Alyce kry dan uiteindelik pot van stoof af. Kyk dan na gemors voor haar, moedeloos.

30 September 2009
Mandla werk op laptop, smul aan toast met jam. ‘n Blerts beland op sy hemp.
Mandla
Shucks.
Selfoon lui. Hy antwoord.
Mandla
Aggie. What’s up… Die artikel is klaar… Dis hoekom ek by die huis gewerk het... Ek attach hom gou.
(gee paar klikke met muis)
Gee asseblief vir meneer Meintjies om te lees… I haven’t forgotten about the meeting. Ek trek gou ‘n ander hemp aan dan’s ek op pad.
Lui af. Exit na agter. ‘n Oomblik later word Sleutel in slot gehoor. Deur oop. Zandile in with filofax, Starts snooping around, making notes. She opens fridge door, peers inside. A whiff hits her. She pulls up her nose.
Mandla (topless) in, unbuttons clean shirt. Sees Zandile, screams with fright. Zandile looks at him as if he’s mad.
Mandla
(sheepishly)
You gave me a fright. I wasn’t expecting anybody.
Zandile
Sorry, I didn’t realize there was someone at home.
(indicates fridge)
Smells like something died in there.
Zandile exits as if nothing’s happened. Mandla hap lug.

28 September 2009
Aggie op pad na meisies woonstel, toef Oubaas wat uit Hilda woonstel kom met basaarlysie.
Aggie
Hallo Oom.
Oubaas
Jy kom of jy gestuur is dogter. Ek soek nog ‘n paar name om neer te pen vir die kerkbasaar. Sou jy jou bereidwillig verklaar tot die saak.
Aggie
(wil nie ongeskik wees nie)
Ek sou graag wou maar ek is ongelukkig daai naweek nie hier nie, Oom.
Oubaas
Nie te versmaai nie. Ons het overgesetsynde nog nie ‘n datum vasgebind nie.
Aggie gegooi.
Oubaas
(raadpleeg sy lysie)
Jy sal moet handgee by tannie Nienaber se kleinkoekietafel. Die stomme vrou sal nooit heeldag op haar voete kan staan nie.
(vertroulik)
Sedert haar man se afsterwe keil die toonknobbels haar vreeslik op.
Aggie vaal.
Oubaas
Tensy jy eerder by die wafels wil woeker. Mevrou Vermaak benodig hoeka ‘n assistent.
Aggie
(stamelend)
Ek sê mos, Oom. Ek sal nie daar kan...
Oubaas
(praat haar dood)
Jy hoef nie nou al te besluit waar jy diens wil doen nie. Ek sal jou intussen by albei tafels opskryf.
(begin neerskryf)
Hoe spel mens nou weer jou doopnaam. A-gha-tha...
Aggie
Dis Agnes, Oom.
Oubaas
Og natuurlik. Ag-nes. Wafels of kleinkoekies. So ja.
Oubaas chuffed. Aggie besef dis nutteloos om te stry, vaal.

25 September 2009
Emma tob gespanne. Klop aan deur. Sy vlieg op, pluk deur oop. Herman in.
Herman: Is jy okei.
Emma: (teleurgesteld) Ek’s fine. Wat soek jy hier.
Herman: Ek was bekommerd oor jou. Ek kon sien jy’s ontsteld en ek...
Emma: (stil) Dis nie jou probleem nie Herman. Ek is nie jou probleem nie. Dankie dat jy omgee, maar los my asseblief uit. Jy maak als moeiliker. Vergeet van my.
Herman: (gestroop) Glo my, ek het probeer. Ek kan nie.
Emma: Daar kan niks tussen ons wees nie.
Herman: Ek weier om dit te aanvaar. Jy’s nie gelukkig nie, ek kan dit sien.
Emma maak afwerende gebaar.
Herman: (dringend) Dawid Greeff is nie die man vir jou nie Emma. Ek’t teruggestaan en julle ʼn kans gegee, maar kyk in watse toestand is jy. Hy mors met jou. Ek kan dit nie vat om jou so te sien nie.
Emma: Loop asseblief Herman.
Herman: Ons kan dinge laat werk. Toe ek en jy saam was het my lewe weer sin gemaak.
Emma: Moenie...
Lang oomblik.
Emma: Ek’s jammer.
Herman verslae.

24 September 2009
Isabelle doenig agter lessenaar. Pieter in van stoor.
Isabelle: Ek het dit al gesê, maar ek gaan weer. Ek is rêrig baie bly dat jy deurgedring het. Jy’t my aangenaam verras.
Pieter: Dankie.
Isabelle: Jou werk is baie goed. Dis treffend.
Pieter: (gegooi) Ek dog die ouens van die kollege het die keuring gedoen.
Isabelle: (onkant gevang, probeer cover) Ja, maar... (besef sy’s vas, verduidelik) Mens skilder mos nie vir jouself nie. Dis tog vir mense om na te kyk. En aangesien ons gaan saamwerk moes ek ‘n idee kry van wat in jou kop aangaan.
Pieter terughoudend.
Isabelle: (prakties) Jy moet sommer dadelik begin met jou inskrywing. Daar is genoeg plek in die stoorkamer. Jy kan bedags sommer daar gaan werk as dit nie te besig is nie.
Pieter: Dis okei. Ek moet alleen wees as ek skilder. Ek sal tyd maak as ek in die aande klaar is by O’Malley’s.
Pieter wil begin werk.
Isabelle: Ek gaan ongelukkig vir ‘n paar dae nie inkom nie. Ek’t ‘n groot juweliersbestelling wat moet klaar. Jy sal ‘n ogie oor die galery moet hou.
Pieter knik.
Isabelle: Maar ek sal gereeld inloer. En as jy my advies of hulp met jou inskrywing nodig het, moet jy nie huiwer...
Pieter: Ek sal fine wees.
Pieter gaan voort met werk. Isabelle hou hom peinsend dop, nie seker of sy haar moet vies nie. 

22 September 2009
Marko en Sanet vergader. Marko het folder met foto’s van venues, kwotasies, ens.
Marko
Hier’s vier kwotasies vir catering – met ‘n uiteensetting van die menu’s.
Sanet
Wat sou jy aanbeveel.
Marko
Die Hillside-deli. Hulle het ons nog nooit in die steek gelaat nie.
Sanet maak nota.
Marko
(wys foto’s)
Wat die venue betref… Dit moenie soos ‘n trouplek lyk nie – maar amper.
Sanet
Vroulik, romanties…
Marko
Ek het so-iets in gedagte.
Marko, Sanet koppe bymekaar, bestudeer foto’s. Clara in, sien, verstar.
Sanet
Ek hou van dié een.
Marko
Ek het so ‘n gevoel gehad.
Sanet
Dan’s ons op dieselfde golflengte.
Beide in hulle noppies.
Marko
Ek moet teen vyfuur bevestig. As jy kan vuurmaak onder Miss Hugo.
Sanet
(lag)
Ek sal so maak.
Dit raak te veel vir Clara. Sy vlug ongemerk.
Marko
Ek hoor weer later van jou.
Hulle skud blad. Marko op ‘n professionele roll.

21 September 2009
Portaal leeg. Emma in van woonstel, rooigehuilde oë. Oor na Dawid se woonstel, huiwer.
(10” vir titels)
Emma klop, wag. Klop weer.
Emma
Dawid, dis ek.
Emma wag, klop weer.
Emma
Maak oop asseblief. Gee my kans om te verduidelik.
Maria af met trap.
Emma
(klop)
Dawid...
Maria
Hy’s nie daar nie, hy’s weg.
Emma verward.
Maria
Vroeg vanoggend al.
(huiwer)
Hy’t ‘n sak by hom gehad.
Emma
Het hy gesê waarheen...
Maria skud kop, simpatiek. Emma in toes, woordeloos terug na haar woonstel. Maria sien swarigheid.

18 September 2009
Zandile comes down the stairs, on her way out as Vince enters from Oppie, sees her.
Vince
Zandile... Wag.
Zandile guilty, wants to make a duck, realises it’s too late.
Zandile
(keeps her pose, friendly)
Vince, how nice to see you.
Vince
Ek probeer jou al heelweek in die hande kry. Ek’t seker tien boodskappe op jou foon gelos.
Zandile
(fakes astonishment)
Did you. My voice mailbox is a disaster area, I do apologise.
Vince
Wanneer kan ons weer bymekaarkom oor die woonstelle vir die wêreldbeker. Daar’s ‘n paar dinge wat jy...
Zandile
Today is impossible, dear. I have ten zillion things to attend to and...
Vince
Môre dan. Of oor die naweek.
Zandile
I’ll have to check my schedule. There’s no need to rush things. We’ve got ample time before the tournament kicks off.
Vince
(pushes)
Dit gaan nie oor volgende jaar nie. Ons het navraag gekry oor...
Zandile
(breezes over it)
Like I said, I’m incredibly busy at the moment. But as soon as things settle down, I’ll give you a call, okay.
Vince
(frustrated)
Wanneer. Ons kan nie so aankarring nie.
Zandile
I understand and I’ll do my best. I’ll be in touch.
Zandile can’t get away fast enough. Vince suspiscious, smells a rat.

17 September 2009
Charmaine in met inkopies.
Neville
Dis ‘n lekker verrassing.
Charmaine
Kan ons die pakkies in jou kar sit, dan hoef ek dit nie al die pad te dra nie.
Neville
Natuurlik.
Charmaine
Ek’t vir Tim genooi om vanaand by ons te kom eet. Dis ‘n skande dat ons dit nou eers doen. Sal jy vir ons wyn kry.
Neville
(verstar)
Vanaand. Hilda en Oubaas kom ook oor.
Charmaine
(gegooi)
Maar hoe...
Neville
Ek’t skoon vergeet om jou te bel. Hilda het gesê sy bring ‘n poeding. Toe vra ek hulle om daar te eet.
Charmaine
(effe gegooi)
Waaroor gaan hulle en Tim gesels. Dalk moet ek haar vra om eerder môre-aand te kom.
Neville
Tim is darem nie opstêrs nie. En Oubaas is altyd vol stories en staaltjies.
Charmaine
Jy’s seker reg. ‘n Lekker kuiertjie sal niemand skade doen nie.
Neville
(kry lag)
As Tim hoor hy moet weer een van Hilda se skeppings eet...
Charmaine
Ek kan nie wag om die arme man se gesig te sien nie. Siestog.
Hulle lag.

16 September 2009
Gestresde Marko alleen by tafel, blaai deur verskeie mode/skoonheidstydskrifte. Soek idees vir launch. San-mari, Felicity sit by tafel langsaan. Klets. Annelie na Marko met refill, vang hom onverwags.
Annelie
Haai. Kan ek jou op-top.
Marko skrik. Klap tydskrif toe.
Marko
Asseblief.
Sy maak so.
Annelie
Wat lees jy.
Marko
(verleë, cover)
Niks. Ek blaai sommer.
Annelie
(terg)
Soek jy beauty tips.
Marko
Is jy laf. Ek het die goed vir Clara gekoop. Sy’s mal oor die eh… Prentjies.
Artikel vang Annelie se oog. Sy beduie na tydskrif.
Annelie
“Gee jou hare jou die horries.” Sal jy omgee as ek dit vir ‘n oomblik leen.
Marko
Jy’s welkom.
Annelie
(vat tydskrif)
Dankie. Ek wil gou vir Felicity wys.
(na Felicity, wys)
Jy sal dit wil sien. Jy kla altyd – jy sukkel mos met droë hare.
Zinzi sluit aan.
Felicity
(Beaam)
Dis omtrent ‘n stryd om hierdie boskasie in toom te hou.
(kyk na artikel)
Dit sê mens moet joghurt en heuning meng en dit soos ‘n masker op jou hare sit.
San-Mari
Is daar nie iets in vir ‘n droë vel nie. Ek raak so skurf van elke dag swem.
Zinzi
Watse moisturizer gebruik jy.
San-Mari
Die goedkoopste een wat ek kan kry. Ek kan nie duur goed bekostig nie.
Zinzi
Ek stem. Een lipstick en my budget vir die maand is geblaas.
Felicity
Ek het iewers gelees tagtig persent van die prys wat ons betaal vir grimeergoeters is vir die verpakking.
San-Mari
Ons word vir ‘n hengse ride gevat.
Zinzi
Maar wat anders moet ‘n girl doen.
Marko luister afgetrokke, kry dan ‘n brainwave. Glinster.

15 September 2009
Alan rapporteer aan Gita.
Alan
You were right about Croukamp’s financial situation. He took out a huge loan in order to buy T&T, but with the recession and all it’s been a struggle to keep up with the monthly instalments.
Gita
(knik afgetrokke)
I see. Thanks for letting me know.
Alan
I thought you’d be a little bit more excited.
Gita kyk vraend.
Alan
Come on Gita. It’s obvious that you’re interested in expanding your business interests. And despite T&T’s recent problems it’s still an excellent proposition. It’s been around for years, there’s a lot to build on...
Gita
I agree.
Alan
Then why did you include Herman in the Coverland deal. Why help him improve his cash flow. I’d say that’s the last thing you should’ve done.
(besef)
Unless you wanted to gain his trust first…
Gita
(onderbreek)
It doesn’t matter anymore. There’s been a change in my plans.
Alan vraend.
Gita
A more interesting proposition has come my way. Something that’s going to require all my attention.
Alan
What.
Gita
Wait and see. I’m not saying a word until it’s finalised – except that it’ll be much more exciting than buying a sports shop.
Alan wonder. Gita glimlag geheimsinnig.

14 September 2009
Dawid swoeg gefrustreerd agter esel, bekyk werk, smyt verfkwas neer. Hy pace gefrustreerd. Vat kwas, probeer weer. Klop aan deur, Emma vrolik in met take-away.
Emma
Hoe gaan dit hier.
Dawid
(front)
Beter vandat jy hier ingeloop het.
Nader, soen haar.
Emma
Jy’t seker nog niks geëet nie. As jy werk, is kos die laaste ding waaraan jy dink.
Dawid
(beaam vaal)
Hoe’t jy geraai.
Emma
(lag, dan meer sober)
Wanneer gaan jy klaar wees.
Dawid
Nie meer lank nie. Ek maak vir ons koffie.
Emma
(kamma-kwaai)
Nie voor jy iets in jou lyf gekry het nie.
Dawid
Ja baas.
(maak take-away oop)
Ek kom nou eers agter hoe honger ek is.
Emma
(sit ketel aan, lig)
Clara sê ek’s erger as Frau von Strapling. Sy’t vir haar Duits gegee op skool en sy was ʼn totale control-freak. Ek’s nie rêrig so erg nie, is ek.
Dawid eet, reageer nie.
Emma
Dawid...
Dawid
Jammer, ek het nie geluister nie.
Emma
Ek pla jou.
Dawid
Jy pla nie. Moenie gaan nie, asseblief. Ek’t ʼn blaaskans nodig.
Emma
Koffie, en dan’s ek weg.
(soek melk)
Jy’t alweer nie melk nie. Ek gaan kry gou in my woonstel.
Dawid
Ek sal gaan. Maak jy solank die koffie.
Dawid uit. Emma kry bekers uit, na esel, gegooi as sy doek sien met slegs ‘n paar verfhale. Sy kyk na ander doeke – idem – broei bekommerd.

17 September 2009
Charmaine in met inkopies.
Neville
Dis ‘n lekker verrassing.
Charmaine
Kan ons die pakkies in jou kar sit, dan hoef ek dit nie al die pad te dra nie.
Neville
Natuurlik.
Charmaine
Ek’t vir Tim genooi om vanaand by ons te kom eet. Dis ‘n skande dat ons dit nou eers doen. Sal jy vir ons wyn kry.
Neville
(verstar)
Vanaand. Hilda en Oubaas kom ook oor.
Charmaine
(gegooi)
Maar hoe...
Neville
Ek’t skoon vergeet om jou te bel. Hilda het gesê sy bring ‘n poeding. Toe vra ek hulle om daar te eet.
Charmaine
(effe gegooi)
Waaroor gaan hulle en Tim gesels. Dalk moet ek haar vra om eerder môre-aand te kom.
Neville
Tim is darem nie opstêrs nie. En Oubaas is altyd vol stories en staaltjies.
Charmaine
Jy’s seker reg. ‘n Lekker kuiertjie sal niemand skade doen nie.
Neville
(kry lag)
As Tim hoor hy moet weer een van Hilda se skeppings eet...
Charmaine
Ek kan nie wag om die arme man se gesig te sien nie. Siestog.
Hulle lag.
.
free templates
Make a Free Website with Yola.